Produkte vir jou dogter se eerste siklus.
En nou vir jou ook!
Zoë bied Trots S.A., organiese, bio-afbreekbare, plastiek-vrye produkte wat goed is vir jou dogter en die omgewing.
Met 'n inleidingsboekie vir onderrig & bemoediging.
Ons lewer af regoor Suid Afrika.
Nou hoef jy nie uit te mis op swembad- en strandtyd as jy nie gemaklik voel met inwendige opsies nie!
Die Period bikini swembroekies is perfek vir jou om mee te swem terwyl jy menstrueer. Die materiaal word vinnig droog, is SPF50+, en chloorbestand. Die broekie het 'n absorberende voering wat met silwerione behandel is om bakterieë en reuke te beheer. Die tegnologie maak dat die materiaal maklik droog word en koel bly om haar vars te laat voel.
Neem asb kennis dat die swembroekies geskik is vir ligte / matige vloei dae - en nie geskik is vir swaarder vloei dae nie. Daar is 'n opsie met 'n ekstra voering vir beter absorpsie op aanvraag, so stuur 'n epos aan zoegiftbox@gmail.com as jy daarin belangstel. Ons stel voor dat jy 2 pare koop en haar herhinner om 'n waterdigte sakkie by haar te hou waarin sy haar gebruikte broekie kan gooi.
Sy kan dit as 'n bikini broekie dra saam met haar gunsteling bikini top of onder haar skoolswembroek.
(Let wel: sluit slegs die bikini broekie in. Broekies word gemaak sodra ons die bestelling ontvang, en mag bietjie langer neem om uit te stuur indien ons nie jou grootte broekie in voorraad het nie. Dankie vir jou geduld.)
Groottes:
Blushproof®️ broekies se groottes is dieselfde as winkels soos Woolworths en H&M s'n. So as jy daar 'n XL koop, kan jy 'n XL op ons webwerf bestel. (Jockey is wel groter as Blushproof, so 'n L Jockey sal dieselfde wees as M Blushproofs).
As jy die grootte verkeerd verstaan, moenie bekommerd wees nie, want ons het 'n 30-dae ruil- / terugstuurbeleid.
***Omruil en terugstuurbeleid:
Jy is baie welkom om die item binne 30 dae vanaf datum van ontvangs van jou bestelling om te ruil. Item(s) moet ongebruik wees, in 'n herverkoopbare toestand wees en in die oorspronklike verpakking wees. Item(s) wat gedra is of beskadig is, sal nie omgeruil of teruggeneem word nie.
Proses: Stel ons asb in kennis van jou omruil / terugstuur behoefte by zoegiftbox@gmail.com. Zoë kan 'n kourier stuur teen R100 om jou broekie(s) op te tel, of u kan met u eie kourier reël om die items aan ons terug te besorg. Sodra die broekie(s) ontvang en geïnspekteer is, sal ons die transaksie verwerk. Dit kan tussen 5 tot 10 werksdae neem om te voltooi. Ons sal dan die nuwe items per kourier aan jou stuur, teen 'n addisionele R100, of u kan u eie kourier reël om die nuwe broekie(s) af te haal. Prysverskille agv grootte van broekie sal dienooreenkomstig gehef word.
Ons het Zoë begin omdat ons besef het baie vrouens het nooit 'n inleiding gehad tot die nuwe seisoen in hulle lewe toe hulle lyfies begin ontwikkel het om vrou te word nie. Selfs al het hulle 'n gesprek met hul ouers daaroor gehad is daar baie keer skaamte daaraan gekoppel. Ons wil hierdie kultuur verander. Dit is so 'n spesiale oorgang en ons wou seker maak daar is 'n manier vir mamma en dogter om oor hierdie onderwerp te gesels met 'n gesonde benadering.
Toe ontstaan die Zoë Bederfboks. Dis 'n oorlewingspakkie met bederfies om die spesiale tyd te vier asook 'n boekie om te verduidelik wat gebeur, wat om te verwag en hoe om dit te hanteer op 'n sosiale en emosionele manier.
"Ek kan getuig dat dit die beste geskenk was wat my kleindogter ontvang het van haar tannie. Dit is 'n moet vir elke dogter wat binnekort 'n tiener gaan word."
"My stiefdogter en ek het gisteraand ons geselsie gehad en dit is baie kosbaar om so iets vir haar te kon doen. Dankie, dankie, dankie!"
"Sy het werklik die boks so waardeer, en die boekie binne het soveel vrae van haar beantwoord waaraan nie ek of sy gedink het nie en sy is my 2de dogter, my oudste is al 24. Zoë Bederfbokse is beslis 'n bederf!"
Jacqui
Eienaar | Stigter
Lev 17:11 "Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel."
"for the life of the body is in its blood. I have given you the blood on the altar to purify you, making you right with the Lord. It is the blood, given in exchange for a life, that makes purification possible."
Jou bloed is skoongewas deur Jesus.
En dit is wat ek graag wil deel en spreek deur Zoë.
Vir elke Zoë produk wat ons verkoop skenk ons R10.00 aan die #HelpHetta-projek van Solidariteit Helpende Hand.