Produkte vir jou dogter se eerste siklus.
En nou vir jou ook!
Zoë bied Trots S.A., organiese, bio-afbreekbare, plastiek-vrye produkte wat goed is vir jou dogter en die omgewing.
Met 'n inleidingsboekie vir onderrig & bemoediging.
Ons lewer af regoor Suid Afrika.
Menstruele koppies (“Menstrual Cups”) is 'n gemaklike en omgewingsvriendelike alternatief vir tampons. Dit is een van die inwendige oplossings om menstruele bloed op te vang, met die voordeel dat jy dit kan hergebruik, asook dat dit nie toksiese skok veroorsaak nie. So dit is nie net baie gerieflik nie, maar ook goedkoper, en goed vir jou en die natuur.
Die Huffington Post bereken dat 70% van vroue wat tampons gebruik, deur sowat 20x per menstruele siklus gaan. Vroue het gemiddeld 456 siklusse in hul lewe, wat neerkom op 9 120 tampons wat gebruik word.
So om ‘n produk te kies wat jy kan hergebruik, of wat bio-afbreekbaar is soos ons Anna doekies & liners in die Zoë Boks, help jy die omgewing en jouself.
Die Canack Menstruasie koppie kan vir tot 8 ure op ‘n slag gedra word (afhangend van jou vloei-sterkte) en is gemaak van mediese graad silikoon wat vir baie jare hergebruik kan word. Elke koppie kom met ‘n pragtige stoorsakkie en voubiljet met gedetailleerde instruksies.
Hierdie koppie is gemaak van medium-sagte silikoon, wat ideaal is. Want sou dit te ferm wees, kan dit ongemaklik en moeilik wees om in en uit te haal, asook minder geskik wees vir mense met ‘n sensitiewe blaas aangesien dit meer druk op die blaas en/of uretra sal uitoefen. Aan die ander kant kan ‘n te sagte koppie moeiliker wees om oop te maak binne jou en moet 'n bietjie meer moeite toegepas word sodra dit ingesit is om te verseker dat hy mooi oop is en 'n goeie seël gevorm is.
Die Canack Menstruasie koppie is:
- FDA goedgekeur
- BPA-, latex- en toksienvry
- Gerieflik, skoon en maklik om te gebruik
- Herbruikbaar, eko-vriendelik en ekonomies
- Bied sorgvrye beskerming wanneer jy reis, swem of oefen tydens jou siklus
Groottes
Ons stel nie ‘n inwendige produk voor vir jong meisies nie, daarom het ons Anna doekies en liners, en ‘n swembroekie as opsies vir hulle. Elke persoon het wel vryheid van keuse. So indien jy vir jouself een wil koop, of jou dogter is al gereed vir ‘n inwendige opsie, kan jul kies uit een van hierdie groottes:
*Klein:* Aanbeveel vir vroue wat nog nooit vaginaal of per keisersnee geboorte geskenk het nie, of ‘n lae uterus het, of baie liggies menstrueer.
*Groot:* Aanbeveel vir vroue wat al vaginaal geboorte geskenk het, of ‘n hoër uterus het, of ‘n swaarder menstruele vloei het.
Daar is baie videos op YouTube oor die “menstrual cup” – groottes, gebruiksaanwysings, ens. Hier is 'n goeie video om te sien hoe 'n "cup" werk: https://www.youtube.com/watch?
Waarskuwings en voorsorgmaatreëls
Soek mediese advies van jou mediese praktisyn as jy enige gesondheidsbekommernisse het.
Lees altyd die vervaardiger se voubiljet en gebruik slegs soos aangedui.
Vervaardiging
Kanadese handelsmerk vervaardig in China
Ons het Zoë begin omdat ons besef het baie vrouens het nooit 'n inleiding gehad tot die nuwe seisoen in hulle lewe toe hulle lyfies begin ontwikkel het om vrou te word nie. Selfs al het hulle 'n gesprek met hul ouers daaroor gehad is daar baie keer skaamte daaraan gekoppel. Ons wil hierdie kultuur verander. Dit is so 'n spesiale oorgang en ons wou seker maak daar is 'n manier vir mamma en dogter om oor hierdie onderwerp te gesels met 'n gesonde benadering.
Toe ontstaan die Zoë Bederfboks. Dis 'n oorlewingspakkie met bederfies om die spesiale tyd te vier asook 'n boekie om te verduidelik wat gebeur, wat om te verwag en hoe om dit te hanteer op 'n sosiale en emosionele manier.
"Ek kan getuig dat dit die beste geskenk was wat my kleindogter ontvang het van haar tannie. Dit is 'n moet vir elke dogter wat binnekort 'n tiener gaan word."
"My stiefdogter en ek het gisteraand ons geselsie gehad en dit is baie kosbaar om so iets vir haar te kon doen. Dankie, dankie, dankie!"
"Sy het werklik die boks so waardeer, en die boekie binne het soveel vrae van haar beantwoord waaraan nie ek of sy gedink het nie en sy is my 2de dogter, my oudste is al 24. Zoë Bederfbokse is beslis 'n bederf!"
Jacqui
Eienaar | Stigter
Lev 17:11 "Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel."
"for the life of the body is in its blood. I have given you the blood on the altar to purify you, making you right with the Lord. It is the blood, given in exchange for a life, that makes purification possible."
Jou bloed is skoongewas deur Jesus.
En dit is wat ek graag wil deel en spreek deur Zoë.
Vir elke Zoë produk wat ons verkoop skenk ons R10.00 aan die #HelpHetta-projek van Solidariteit Helpende Hand.