Produkte vir jou dogter se eerste siklus.
En nou vir jou ook!
Zoë bied Trots S.A., organiese, bio-afbreekbare, plastiek-vrye produkte wat goed is vir jou dogter en die omgewing.
Met 'n inleidingsboekie vir onderrig & bemoediging.
Ons lewer af regoor Suid Afrika.
Ons Zoë sakkie is die perfekte geskenk vir iemand wat reeds alles het en 'n vrolike sakkie kort om al haar sanitêre ware skaamteloos rond te dra.
Zoë se kosmetiese sakkie is spesiaal ontwerp in helder kleure om selfs die slegste dag op te tower. Dit kan selfs vir ander doeleindes gebruik word, soos 'n pennesakkie, 'clutch bag', of vir jou grimering. So Mamma kan dit ook vir haarself koop.
Grootte van sakkie: 225x130x70mm
Sakkie is van lap - in 5 verskillende effekleure onder, met die Zoë drukwerk bo.
Zip is dieselfde kleur as sakkie se onderkant.
Zoë 'logo' in egte leer.
The Zoë bag is the perfect gift for someone who already has everything and needs a cheerful bag to shamelessly carry all her sanitary ware around. It is specially designed in bright colours to brighten up even the worst day. It can also be used as a pencil case, 'clutch bag', or as a makeup bag, so Mom can have one too.
Size of bag: 225x130x70mm
Bags are made in 5 different plain-coloured bottoms, with the Zoë print on top
Zip in the same colour as the bottom of the bag
Zoë logo in leather
***Vir elke Zoë produk wat ons verkoop skenk ons R10 aan die #HelpHetta projek van Solidariteit Helpende Hand.
Ons het Zoë begin omdat ons besef het baie vrouens het nooit 'n inleiding gehad tot die nuwe seisoen in hulle lewe toe hulle lyfies begin ontwikkel het om vrou te word nie. Selfs al het hulle 'n gesprek met hul ouers daaroor gehad is daar baie keer skaamte daaraan gekoppel. Ons wil hierdie kultuur verander. Dit is so 'n spesiale oorgang en ons wou seker maak daar is 'n manier vir mamma en dogter om oor hierdie onderwerp te gesels met 'n gesonde benadering.
Toe ontstaan die Zoë Bederfboks. Dis 'n oorlewingspakkie met bederfies om die spesiale tyd te vier asook 'n boekie om te verduidelik wat gebeur, wat om te verwag en hoe om dit te hanteer op 'n sosiale en emosionele manier.
"Ek kan getuig dat dit die beste geskenk was wat my kleindogter ontvang het van haar tannie. Dit is 'n moet vir elke dogter wat binnekort 'n tiener gaan word."
"My stiefdogter en ek het gisteraand ons geselsie gehad en dit is baie kosbaar om so iets vir haar te kon doen. Dankie, dankie, dankie!"
"Sy het werklik die boks so waardeer, en die boekie binne het soveel vrae van haar beantwoord waaraan nie ek of sy gedink het nie en sy is my 2de dogter, my oudste is al 24. Zoë Bederfbokse is beslis 'n bederf!"
Jacqui
Eienaar | Stigter
Lev 17:11 "Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel."
"for the life of the body is in its blood. I have given you the blood on the altar to purify you, making you right with the Lord. It is the blood, given in exchange for a life, that makes purification possible."
Jou bloed is skoongewas deur Jesus.
En dit is wat ek graag wil deel en spreek deur Zoë.
Vir elke Zoë produk wat ons verkoop skenk ons R10.00 aan die #HelpHetta-projek van Solidariteit Helpende Hand.