Zoë is gebore uit die besef dat baie vroue eintlik nie ‘n kosbare en volledige inleiding tot menstruasie of die ontvouende fases van ontwikkeling gehad het nie.  Selfs al het ons ‘n gesprek met ons ouers daaroor gehad, was daar baie keer skaamte daaraan gekoppel, of onbeantwoorde vrae het in die lug weggeraak en moes ons self regkom en ons weg vind deur die onbekende. 

Zoë wil lig en lewe in die donker inblaas.  Dit is so ‘n spesiale oorgang en ons wil seker maak daar is ‘n beter manier vir mamma en dogter om oor hierdie onderwerp te gesels. 

Dis hoe die Zoë Bederfboks ontstaan het. Dit is ‘n bekendstellingspakkie met al die noodsaaklike produkte, bederfies, en ‘n Zoë boekie om haar voor te berei op alles wat moontlik op haar wag.  Ons fokus is gemaklike, natuurlike en Trots Suid-Afrikaanse produkte wat goed is vir jou en vir die natuur. 


Na die Bederfboks het vele ander Zoë produkte ontstaan, soos die Noodsakkie en Diskresie sakkie.

Zoë poog om 'n eenstop aanlynwinkel te wees vir vroue wat menstrueer.

Ons verkoop dus ander Suid-Afrikaanse verskaffers se produkte ook, soos Blushproof period swembroekies en The Hummingbird se velsorg reeks spesifiek vir die 'young adult'.
En die lys sal aanhou groei soos die behoefte groei.

Wat beteken Zoë?

Baie gebed het ingegaan in die naam. Dit moet tot die onderneming se hart spreek en dit moet die visie daarvan vasvang.
Toe kry ek herhaaldelik die getal 2222. In die Greek Strong’s Concordance is dit LIFE.

n die Nuwe Testament verwys “zóé” na lewe in sy volste sin, wat beide fisiese en geestelike dimensies insluit. Dit word dikwels gebruik om die ewige lewe te beskryf wat deur geloof in Jesus Christus verkry word. Hierdie lewe wat zoë beskryf is nie bloot ‘n eindelose bestaan ​​nie, maar ‘n lewenskwaliteit wat oorvloedig en vervullend is, gekenmerk deur ‘n intieme verhouding met God.

Lev 17:11 
“Want die siel van die vlees is in die bloed,
en Ek het dit aan julle op die altaar gegee
om vir julle siele versoening te doen;
want die bloed bewerk versoening deur die siel.” 

“for the life of the body is in its blood.
I have given you the blood on the altar to purify you,
making you right with the Lord.
It is the blood, given in exchange for a life,
that makes purification possible.”

Lewe

  • die toestand van iemand wat lewendig is; elke lewende siel
  • die absolute volheid van die lewe, wat aan God behoort;   'n lewe werklik en eg, 'n lewe aktief en kragtig, toegewyd aan God, geseënd, 'n volle vertroue in Christus, en na die opstanding 'n meer volmaakte liggaam, om vir ewig te hou.
Jou bloed is skoongewas deur Jesus
En dit is wat Zoë wil deel en spreek.

Lewe en Lig word in elke deel van jou ingeskyn wanneer jy Hom aanneem.