Blog
Watter produkte stel Zoë voor, en hoekom?
Hierdie is Zoë se baie eerlike opinie. Die opinie is geneem uit amper 3 dekades se ondervinding, baie navorsing, ‘n endometriose operasie in graad 8, ‘n hospitaalbesoek om ‘n tampon te verwyder tydens ‘n netbaltoer in graad 7 (ek kan darem nou lag hieroor…maar dit was nie toe snaaks nie….so my hart om dogtertjies te help brand baie warm), baie gesprekke met vriendinne, en laaste, maar nie die minste nie – intuïsie en logika. Maar my opinie is nie die enigste een nie. So deel asb joune met ons.
💟Vir meisies of jong dames stel ek nie ‘n inwendige opsie voor nie.


Daarom het Zoë baie moeite gedoen om lekker alternatiewe vir jou te soek.
🌿@annapureorganic se katoen doekies en liners is bio-afbreekbaar, so dit is goed vir jou (net soos wat katoen panties beter is), en goed vir die natuur (plastiekvry). Na gebruik, kan jy dit skuldvry weggooi.

🩲Indien jy ‘n lapdoekie kies, moet jy jouself voorberei daarop dat jy na gebruik die bloed uit jou doekie gaan moet was. Dit is volgens Zoë steeds ‘n beter keuse as ‘n broekie met ‘n ingeboude doekie WANT wanneer jy moet ruil, moet jy alles uittrek om ‘n ander broekie aan te trek. Met ‘n rokkie is dit nog maklik, maar dit raak ‘n storie as jy ‘n broek aanhet. Die opsies is nie vir my nie.

👙Vir swembroekies is ‘n ingeboude ‘lining’ ideaal. Dit is minder sigbaar van buite. Ons stel @blushproof of @bodhib_apparel voor. Ons verkoop Blushproof se swembroekies op ons Aanlyn Winkel as jy dit wil bestel saam met jou Zoë produkte.
💟Inwendige opsies as jy gereed is daarvoor:

🧶Ek het tampons gebruik toe ek jonk was, maar het dit heeltemal ophou gebruik. Daar was vir my genoeg nadele – vanaf die toutjie wat konstant ongemaklike plekke besoek tot die nadelige effek daarvan op my lyf en die natuur. As jy nie jou kop rondom ‘n menstruasie koppie kan kry nie, is dit die moeite werd om meer te betaal vir die organiese opsies. Maar wees bewus daarvan dat ‘n sponsie of ‘tampon’ enige vog uit jou vaginale opening kan absorbeer, ipv net die bloed, en dit is nie ideaal nie.

🩸Ek gebruik tans ‘n Menstruasie koppie, en is baie gelukkig daarmee! Dit vang die bloed direk onder die serviks op, en jy kan dan die bloed in die toilet uitgooi wanneer die koppie vol is. Jy kan dit was en oor en oor gebruik. Dit is baie gemaklik as jy eers die konsep onder die knie het, en oor jy dit kan hergebruik, is dit goed vir die omgewing, en spaar jy geld.
Op swaar dae en wanneer ek reis of sport doen, dra ek ‘n liner of doekie al het ek ‘n koppie in.
Vind wat vir jou werk.
Hoop hierdie help!