Blog
❓Hoe weet ek wanneer my dogter gaan “begin”❓
❣️👉 Daar is verskeie tekens waarna meisies kan oplet wat kan aandui dat hul menstruele siklus om die draai is. Hier is die algemeenste tekens:
1. Borsontwikkeling: Een van die vroegste tekens van puberteit is borsontwikkeling, en navorsing wys dat dit ongeveer twee jaar is vanaf borsontwikkeling tot en met menarg (eerste bloeding). MAAR elke lyfie verskil, dit kan ook so vinnig soos ‘n paar maande wees. So sorg dat sy betyds gereed is.
2. Skaamhaartjies: Dit gebeur gewoonlik na borsontwikkeling, en baie bronne verwys dat menarg ongeveer 1 jaar na dit kan arriveer.
(sommige meisies se nr 1 en 2 is omgeruil, maar die tydsberekening bly dieselfde)
Daar is ook ander tekens waarna mens kan oplet:
3. Liggaamsveranderinge: Meisies kan skielike groeikurwe, veranderinge in liggaamsvorm (groter heupe of verhoging in abdominale vetjies) en verhoogde sweetproduksie ervaar soos hulle menarg nader.
4. Vaginale afskeiding: Voor die heel eerste siklus kan meisies ‘n dikkerige wit vaginale afskeiding opmerk, wat deel van die liggaam se voorbereiding vir menstruasie is.
5. Hormonale veranderinge: Fluktuasies in hormone kan buierigheid, prikkelbaarheid, onverklaarbare emosies en veranderinge in energievlakke veroorsaak, wat tekens kan wees dat haar eerste siklus oppad is.
6. Krampe in die onderbuik: Sommige meisies kan ligte tot matige abdominale krampe of pyn ervaar in die dae voor hul eerste menstruasie. Sommige meisies voel en lyk opgeblaas reg voor hul begin bloei.
7. Aknee en velveranderinge: Hormonale veranderinge kan ook lei tot aknee en olierigheid.
8. Borsteerheid: Baie meisies ervaar teerheid of swelling in hul borste ‘n week of twee voor hul menstruasie begin.
9. Veranderinge in eetlus of skielike ‘cravings’ wat sy nie voorheen gehad het nie.
Dit is belangrik om te onthou dat elke meisie anders is. Sommige meisies kan al hierdie tekens ervaar, terwyl ander net ‘n paar opmerk of selfs totaal ander tekens ervaar.
Bestel vir haar betyds ‘n Zoë Bederfboks. Daarin is noodsaaklike produkte en bederfies, asook ‘n belangrike boekie wat haar voorberei op alles wat kom.