Blog
❓Watter vrese kan sy dalk hê oor menstruasie❓
😬Verleentheid: Wat as sy in die openbaar of in die klaskamer begin bloei en daar ‘n lekkasie of vlekkie is? Of dat sy ontbloot word op ‘n manier.
😬 Pyn: Vrees om aansienlike pyn of ongemak tydens menstruasie te ervaar, veral as hulle stories van ander gehoor het oor erge pyn.
😬 Veranderinge in of ontwrigting van roetine: Om te bepaal wanneer jy gaan begin bloei volgende maand, of te moet dink aan wanneer jy weer jou produk moet ruil, of tyd neem om genoeg produk in te pak skool toe, en om weer planne te maak vir skelm ompaaie badkamer toe.
😬 Gebrek aan kennis: Om onseker te voel oor die onbekende. Hoe gaan koop mens produk, en hoe gebruik ek dit? Gaan ek gewig optel met al my ‘cravings’? Hoe was ek bloed uit my broekie?
😬 Liggaamsbeeldkwessies: Die fisiese veranderinge wat met puberteit gepaardgaan, insluitende aknee, olierige hare, borsontwikkeling, opgeblaasdheid, gewigstoename en veranderinge in liggaamsvorm.
😬 Om onvoorbereid te voel: Dit gee dieselfde angs as ‘n eksamen. Dit kan bloot die onsekerheid wees of sy genoeg doekies ingepak het na die skoolkamp.
😬 Kommer oor normaliteit: Dit is algemeen vir meisies om hulself met ander te vergelyk, en die onsekerheid oor wat “normaal” is, kan lei tot angs en stres.
😬 Sosiale implikasies: Meisies kan vrees hoe menstruasie hul sosiale lewe, verhoudings met vriende en familie, en deelname aan aktiwiteite soos sport of buitemuurse sal beïnvloed.
💟Help om jou dogter se vrese met empatie, ondersteuning en akkurate inligting te verlig en haar te bemagtig om hierdie nuwe fase van haar ontwikkeling in te gaan met styl.
💟Oop kommunikasie en opvoeding gaan haar help om angs te verlig en haar te bemagtig om hierdie natuurlike proses met selfvertroue te hanteer.