Menstruasie Koppie
R159,00
“Menstrual Cups” is ‘n gemaklike en omgewingsvriendelike, inwendige sanitêre produk.
Dit vang jou menstruele bloed op en het die voordeel dat jy dit kan hergebruik.
So dit is nie net baie gerieflik nie, maar ook bekostigbaar, en goed vir jou en vir die natuur.
Lees meer onder . . .
Description
Die Menstruasie Koppie kan vir tot 8 ure op ‘n slag gedra word (afhangend van jou vloei) en is gemaak van mediese graad silikoon wat vir baie jare hergebruik kan word indien dit mooi opgepas word. Elke koppie kom met ‘n pragtige stoorsakkie en voubiljet met gedetailleerde instruksies. Dit is uiters belangrik dat jy goeie higiëne handhaaf deur jou koppie na elke siklus te steriliseer asb.
Ons spesifieke koppie is gemaak van medium-sagte silikoon – die ideale middeweg. ‘n Ferm koppie kan ongemaklik en moeilik wees om in te sit en uit te haal, en is ook minder geskik vir mense met ‘n sensitiewe blaas. ‘n Baie sagte koppie sal moeiliker oopmaak binne jou en gaan jy dalk sukkel om hom mooi te laat seël.
Die Canack Menstruasie koppie is:
– FDA goedgekeur
– BPA-, latex- en toksienvry
– Gerieflik, skoon en maklik om te gebruik
– Herbruikbaar, eko-vriendelik en ekonomies
– Bied sorgvrye beskerming wanneer jy reis, swem of oefen tydens jou siklus
Ons stel nie ‘n inwendige produk voor vir jong meisies nie, daarom het Zoë genoeg alternatiewe opsies vir hulle. Maar indien jy vir haar of vir jouself een wil koop, kies die regte grootte volgens ons riglyne onder “Additional information”.
Kyk na die video om meer te leer oor Menstrual Cups: https://www.youtube.com/watch?
Additional information
| Weight | 0,3 kg |
|---|---|
| Dimensions | 9 × 5 × 14 cm |
| Kleur | Deursigtig, Pienk, Pers |
| Kies Grootte | Die is slegs ‘n aanduiding: – Kies ‘n Small as: jy ‘n maagd is; jy nog nie normaal geboorte geskenk het nie; jy ‘n lae uterus het; of as jy baie liggies menstrueer. – Kies ‘n Large as: jy seksueel aktief is; jy al normaal geboorte geskenk het; jy ‘n hoër uterus het; of as jy ‘n swaarder menstruele vloei het. |
| Waarskuwings + voorsorgmaatreëls | Lees altyd die vervaardiger se voubiljet en gebruik slegs soos aangedui. |
| Vervaardiging | Kanadese handelsmerk vervaardig in China |
| Materiaal | Medium-sagte Mediese graad Silikoon in drie afsonderlike kleure |

Reviews
There are no reviews yet.